25 Na ’n ruk het ons pa gesê ons moet teruggaan om kos te koop.
26 Ons het oor en oor vir hom gesê: ‘Pa weet mos ons kan nie teruggaan nie. Ons kan net gaan as ons jongste broer saamgaan. Sonder hom wil die man ons nooit weer sien nie.’
27 Ons pa het egter volgehou: ‘Julle weet tog Ragel het my net twee seuns gegee.
28 Een seun het net verdwyn. Tot vandag toe het ek hom nooit weer gesien nie en moet ek maar die storie glo dat wilde diere hom verskeur het.
29 As julle die ander seun ook nou van my gaan wegneem en iets gebeur met hom, sal ek van hartseer sterf.’
30 So, Meneer, as ek nou moet teruggaan na my pa toe en hierdie seun vir wie hy tog so lief is, is nie by nie, sal dit sy einde beteken.
31 As ek sonder die jongste moet terugkeer, sal ons ons gryse pa van verdriet moet begrawe.