28 Een seun het net verdwyn. Tot vandag toe het ek hom nooit weer gesien nie en moet ek maar die storie glo dat wilde diere hom verskeur het.
29 As julle die ander seun ook nou van my gaan wegneem en iets gebeur met hom, sal ek van hartseer sterf.’
30 So, Meneer, as ek nou moet teruggaan na my pa toe en hierdie seun vir wie hy tog so lief is, is nie by nie, sal dit sy einde beteken.
31 As ek sonder die jongste moet terugkeer, sal ons ons gryse pa van verdriet moet begrawe.
32 “En, Meneer, ek het verantwoordelikheid vir hierdie seun geneem. Ek het vir my pa gesê: ‘As ek nie hierdie kind vir Pa terugbring nie, staan ek lewenslank skuldig voor Pa.’
33 Laat ek daarom eerder in die plek van die seun agterbly en ek sal lewenslank vir u werk. Laat die kind tog net saam met sy broers huis toe gaan.
34 Hoe kan ek sonder die seun na my pa toe teruggaan? Ek wil tog nie sien hoe hy dag vir dag wegkwyn van verdriet nie.”