26 Afgesien van die vroue van Jakob se seuns was daar 66 afstammelinge van Jakob wat na Egipte toe is.
27 In Egipte is daar reeds twee seuns vir Josef gebore. Jakob se afstammelinge was dus altesaam 70, en hulle was in Egipte.
28 Toe hulle naby Gosen was, het Jakob Juda gestuur om vir Josef te sê hulle is op pad.
29 Josef het dadelik sy wa ingespan en na sy pa toe gery. Josef was oorstelp van vreugde. Tussen die baie gesigte het hy sy pa s’n gesoek. Toe hy hom kry, het hy die ou man se lyf teen hom vasgedruk en hom gesoen. Josef het begin huil en lank met sy kop op Jakob se skouer gestaan.
30 Vir Jakob was die ontmoeting amper te oorweldigend. Toe hy uiteindelik kon praat, het hy net gesê: “Nou kan ek maar sterf, want ek weet Josef leef - ek het hom gesien.”
31 Josef het vir sy broers en sy hele familie gesê: “Ek gaan nou reguit na die farao toe om vir hom te vertel dat my familie uit Kanaän hier aangekom het.
32 Ek wil vir hom sê my broers boer met kleinvee en hulle het al hulle vee en hulle besittings saamgebring.