8 Jakob het dofweg twee seuns langs Josef gesien en gevra: “Wie is die seuns daar langs jou?”
9 Josef het geantwoord: “Dis die seuns wat God vir my hier in Egipte gegee het.”En Jakob het gesê: “Bring hulle nader dat ek hulle kan seën.”
10 As gevolg van sy hoë ouderdom was Jakob se oë baie swak en kon hy skaars sien. Josef het toe die seuns nader gebring en Jakob het hulle omhels en gesoen.
11 Jakob het vir Josef gesê: “Ai, Josef, ek het nooit gedink dat ek jou ooit weer sou sien nie, en nou sien ek ook jou twee seuns.”
12 Josef het die kinders van Jakob se skoot afgetel en in eerbied voor sy pa gebuig.
13 Josef het Efraim aan Jakob se linkerkant en Manasse aan sy regterkant laat staan.
14 Jakob het toe sy hande oorkruis geplaas met sy regterhand op Efraim, die jongste broer, se kop. Sy linkerhand het hy op Manasse, die oudste, gesit.