1 Jakob het al sy seuns laat kom en vir hulle gesê: “Kom staan hier om my. Ek wil iets oor elkeen van julle en julle toekoms sê.
2 “Kom, Jakob se kinders, staan nader en luister goed. Luister mooi na julle pa, Israel.
3 Ruben, jy is nou wel my eersgeborene,my steunpilaar en my eerstelingseun.Jy moes die vernaamsteen die belangrikste onder jou broers gewees het.
4 Jy is egter soos ’n waterstroom wat sy eie pad loop. Jy sal nie meer die belangrikste wees nie,want jy het by Bilha, my byvrou, geslaapen my diep seergemaak.
5 “Simeon en Levi is broers.Hulle is mans van gewelden hulle doen die allerverskriklikste dinge.