10 Juda sal nog koning worden sy koningskap sal eeue lank duur.Uit jou sal iemand kom wat regeer. Van oral sal die volke komom in eerbied voor hom te buig en hom te eer.
11 Juda sal altyd volop hê. Aan sy wingerde sal die groot, ryp trosse swaar hang.Sy donkies sal sommer van die beste druiwe staan en eeten sy klere sal hy in rooi wyn was.
12 Sy mooi oë sal donkerder as wyn weesen sy tande wit van al die melk.
13 “Sebulon sal langs die see bly.Sy strand sal ’n hawe vir baie skepe weesen sy gebied sal tot by Sidon strek.
14 “Issaskar is soos ’n donkie wat ’n lekker lêplek soek en hom by die skape se voerbak uitstrek.
15 Vir Issaskar is sy woongebied mooi,’n goeie plek om in te woon.Daarom het hy baie hard gewerk.Soos ’n slaaf het hy elke dag gewerk.
16 “Dan sal ’n goeie leier vir sy mense weesen sy stam net so belangrik soos al die ander stamme.