13 “Sebulon sal langs die see bly.Sy strand sal ’n hawe vir baie skepe weesen sy gebied sal tot by Sidon strek.
14 “Issaskar is soos ’n donkie wat ’n lekker lêplek soek en hom by die skape se voerbak uitstrek.
15 Vir Issaskar is sy woongebied mooi,’n goeie plek om in te woon.Daarom het hy baie hard gewerk.Soos ’n slaaf het hy elke dag gewerk.
16 “Dan sal ’n goeie leier vir sy mense weesen sy stam net so belangrik soos al die ander stamme.
17 Mag Dan soos ’n slang by die grootpad weeswat die vyand se perde in die hakskeen bytsodat die ruiter agteroor val.”
18 Op hierdie stadium het Jakob ’n skietgebed opgesê: “Here, ek wag dat U my kom red.” Toe het hy weer verder gegaan.
19 “’n Bende rowers sal Gad aanval, maar hy sal hulle oorwin en agternasit.