18 Op hierdie stadium het Jakob ’n skietgebed opgesê: “Here, ek wag dat U my kom red.” Toe het hy weer verder gegaan.
19 “’n Bende rowers sal Gad aanval, maar hy sal hulle oorwin en agternasit.
20 “Aser se land is vrugbaaren sy oeste ryk.Selfs ’n koning kan van sy lekkernye eet.
21 “Naftali is soos ’n takbok,wild en vry,en sy lammetjies mooi.
22 “Josef is ’n vrugbare boom wat by die fontein groei. Sy takke groei oor die muur.
23 Sy vyande het hom met alle mag aangevalen hom met hulle pyle en boë agtervolg.
24 Daar het egter niks van gekom nie,want hulle boë was te styfen hulle arms te bewerig.Jakob se sterk God het Josef bewaar. Israel se Herder en Beskermerwas heeltyd by Josef.