2 “Kom, Jakob se kinders, staan nader en luister goed. Luister mooi na julle pa, Israel.
3 Ruben, jy is nou wel my eersgeborene,my steunpilaar en my eerstelingseun.Jy moes die vernaamsteen die belangrikste onder jou broers gewees het.
4 Jy is egter soos ’n waterstroom wat sy eie pad loop. Jy sal nie meer die belangrikste wees nie,want jy het by Bilha, my byvrou, geslaapen my diep seergemaak.
5 “Simeon en Levi is broers.Hulle is mans van gewelden hulle doen die allerverskriklikste dinge.
6 Met hulle geheime planne wil ek niks te doen hê nie.Ek wil nie deel van hulle vergaderings en grootpratery wees nie.In hulle verskriklike woede maak hulle mense dood en maak hulle diere moedswillig kreupel.
7 Dit sal sleg met hulle gaanomdat hulle woede geen perke ken nie,omdat hulle wrede dinge aanvang.Ek sal hulle sonder enige grond tussen die ander stamme laat woon.
8 “Juda, al jou broers sal jou eer.Jou vyande sal jou onderdanig wees.Jou broers sal in respek voor jou buig.