22 “Josef is ’n vrugbare boom wat by die fontein groei. Sy takke groei oor die muur.
23 Sy vyande het hom met alle mag aangevalen hom met hulle pyle en boë agtervolg.
24 Daar het egter niks van gekom nie,want hulle boë was te styfen hulle arms te bewerig.Jakob se sterk God het Josef bewaar. Israel se Herder en Beskermerwas heeltyd by Josef.
25 Josef, dit is my God wat jou so help.Dit is die almagtige God wat jou seënsodat dit altyd by jou sal reën, sodat daar genoeg water vir putte en fonteine sal weesen sodat jou vee en kinders sal vermeerder.
26 Josef, jy sal die goeie dinge van die lewe ontvang: goeie koringoeste en groen weivelde,ryp gesaaides soos in die ou tyd,mooi en vrugbare heuwels.Mag al hierdie woorde waar word,want Josef is anders as sy broersen hy sal hulle lei.
27 “Benjamin is soos ’n woedende wolf.In die môre vang hy sy prooien in die aand deel hy dit met almal.”
28 Dit was Jakob se laaste woorde aan sy seuns, die latere twaalf stamme van Israel. Op dié manier het hy elke seun van hom gegroet en geseën.