25 Josef, dit is my God wat jou so help.Dit is die almagtige God wat jou seënsodat dit altyd by jou sal reën, sodat daar genoeg water vir putte en fonteine sal weesen sodat jou vee en kinders sal vermeerder.
26 Josef, jy sal die goeie dinge van die lewe ontvang: goeie koringoeste en groen weivelde,ryp gesaaides soos in die ou tyd,mooi en vrugbare heuwels.Mag al hierdie woorde waar word,want Josef is anders as sy broersen hy sal hulle lei.
27 “Benjamin is soos ’n woedende wolf.In die môre vang hy sy prooien in die aand deel hy dit met almal.”
28 Dit was Jakob se laaste woorde aan sy seuns, die latere twaalf stamme van Israel. Op dié manier het hy elke seun van hom gegroet en geseën.
29 Jakob het vir oulaas met al die seuns gepraat. “Ek is besig om te sterf,” het hy gesê. “As ek dood is, moet julle my by my mense in die familiegraf by Magpela, net oos van Mamre in die land Kanaän begrawe.
30 Abraham het dit destyds van Efron, die Hetiet, gekoop omdat hy dit as ’n begraafplek wou gebruik het.
31 “Abraham is daar begrawe en ook sy vrou Sara. Isak en sy vrou, Rebekka, lê ook daar en dit is ook die plek waar ek Lea begrawe het.