7 Dit sal sleg met hulle gaanomdat hulle woede geen perke ken nie,omdat hulle wrede dinge aanvang.Ek sal hulle sonder enige grond tussen die ander stamme laat woon.
8 “Juda, al jou broers sal jou eer.Jou vyande sal jou onderdanig wees.Jou broers sal in respek voor jou buig.
9 Juda is soos ’n jong leeu,hy vernietig sy prooi en keer na sy lêplek terug.Soos ’n leeu krul hy hom in sy blyplek open niemand sal dit naby sy skuilplek waag nie.
10 Juda sal nog koning worden sy koningskap sal eeue lank duur.Uit jou sal iemand kom wat regeer. Van oral sal die volke komom in eerbied voor hom te buig en hom te eer.
11 Juda sal altyd volop hê. Aan sy wingerde sal die groot, ryp trosse swaar hang.Sy donkies sal sommer van die beste druiwe staan en eeten sy klere sal hy in rooi wyn was.
12 Sy mooi oë sal donkerder as wyn weesen sy tande wit van al die melk.
13 “Sebulon sal langs die see bly.Sy strand sal ’n hawe vir baie skepe weesen sy gebied sal tot by Sidon strek.