1 Hier is ’n lys van Adam se afstammelinge: Toe God die mense gemaak het, het Hy hulle op so ’n manier gemaak dat hulle na Hom gelyk het.
2 Hy het hulle as ’n man en ’n vrou gemaak, hulle geseën en hulle “mens” genoem die dag toe Hy hulle gemaak het.
3 Toe Adam 130 jaar oud was, het hy pa geword van ’n seun wat net soos hy gelyk het. Adam het hom Set genoem.
4 Na Set se geboorte het Adam nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.
5 Adam was dus 930 jaar oud toe hy dood is.
6 Toe Set 105 was, is sy seun Enos gebore.