3 Toe Adam 130 jaar oud was, het hy pa geword van ’n seun wat net soos hy gelyk het. Adam het hom Set genoem.
4 Na Set se geboorte het Adam nog 800 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.
5 Adam was dus 930 jaar oud toe hy dood is.
6 Toe Set 105 was, is sy seun Enos gebore.
7 Set het na Enos se geboorte nog 807 jaar geleef en ook nog ander seuns en dogters gehad.
8 Set was dus 912 jaar oud toe hy dood is.
9 Toe Enos 90 was, is sy seun Kenan gebore.