10 Toe hulle by Atad aan die oostekant van die Jordaan kom, het hulle eers gestop. Almal het bymekaargekom en weer lank oor Jakob gehuil en gerou. Hulle het sewe dae lank daar gebly en oor Jakob se lewe nagedink en oor hom gerou.
11 Toe die mense van Kanaän sien wat by Atad gebeur, het hulle gesê: “Hoe aangrypend het die Egiptenaars tog nie sewe dae lank oor Jakob gerou nie!” Toe het die mense besluit om die plek se naam na Abel-Misrajim te verander.
12 Jakob se seuns het gedoen wat hulle pa hulle gevra het: hulle het sy liggaam Kanaän toe gebring en dit neergelê in die grot van Magpela, oos van Mamre, op die stuk grond wat Abraham nog van Efron, die Hetiet, as grafgrond gekoop het.
13 Na die begrafnis is Josef, sy broers en almal wat saam met hom vir die begrafnis Kanaän toe is, weer terug Egipte toe.
14 Na Jakob se dood het die lewe weer sy gewone gang gegaan. Josef se broers was egter onrustig en het vir mekaar gesê: “Sê nou Josef haat ons en hy wil ons terugkry vir alles wat ons aan hom gedoen het?”
15 Hulle besluit toe om ’n boodskap vir Josef te stuur.
16 “Voor sy dood,” so het die boodskap begin, “het Pa gesê ons moet die saak met jou regmaak.