23 Hy het lank genoeg geleef om Efraim se kinders en sy kleinkinders te sien grootword. En terwyl hy nog geleef het, is al die kinders van Manasse se seun, Magir, gebore.
24 Toe hy die dood voel nader kom, het Josef vir sy broers gesê: “Binnekort is ek nie meer hier nie, maar moenie bang wees nie, want God sal self vir julle sorg. Eendag sal Hy julle nog uit hierdie land lei en na die land toe neem wat Hy met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het.”
25 Toe het Josef vir sy broers iets groots gevra. “Belowe my,” so het hy begin, “dat julle my liggaam sal saamvat wanneer God julle uit hierdie land uitlei.”
26 So het Josef dan in Egipte gewoon en gesterf toe hy 110 jaar oud was. Hulle het sy liggaam gebalsem en in ’n kis gesit.