5 Die Here het gesien dat die mens sleg was. Alles waaraan hy gedink het of beplan het, was deurtrek van boosheid.
6 Toe het die Here spyt gekry dat Hy die mens gemaak het. Sy hart was seer.
7 Op ’n dag het Hy toe gesê: “Ek gaan alles op aarde verwoes; die mense wat Ek gemaak het asook die diere: al die wilde diere, alles wat kruip en alles wat in die hemel rondvlieg. Ek is bitter jammer dat Ek ooit mense en diere gemaak het.”
8 Een mens het egter alles vrygespring: dit was Noag. Die Here was lief vir hom.
9 Van Noag kan ’n mens net mooi dinge sê. Hy was ’n goeie man. Hy het die regte dinge gedoen en naby aan die Here geleef.
10 Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
11 In die oë van God was die aarde vol boosheid. Oral was daar korrupsie en wetteloosheid.