7 Op ’n dag het Hy toe gesê: “Ek gaan alles op aarde verwoes; die mense wat Ek gemaak het asook die diere: al die wilde diere, alles wat kruip en alles wat in die hemel rondvlieg. Ek is bitter jammer dat Ek ooit mense en diere gemaak het.”
8 Een mens het egter alles vrygespring: dit was Noag. Die Here was lief vir hom.
9 Van Noag kan ’n mens net mooi dinge sê. Hy was ’n goeie man. Hy het die regte dinge gedoen en naby aan die Here geleef.
10 Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
11 In die oë van God was die aarde vol boosheid. Oral was daar korrupsie en wetteloosheid.
12 God het geweet wat op die aarde aangaan. Hy het gesien hoe mens en dier dag vir dag net slegter word.
13 God het Noag eenkant toe geroep en vir hom gesê: “Ek het besluit om alles en almal op hierdie aarde te verwoes. Kyk net hoe besoedel hulle die aarde met hulle geweld en wetteloosheid. Ek is op die punt om die hele aarde te vernietig.