1 Toe alles klaar was, het die Here vir Noag gesê: “Klim in die ark in en vat jou gesin saam. Van almal op aarde het jy die naaste aan My geleef.
2 Vat ook van elke rein dier sewe pare saam met jou in die ark in, ’n mannetjie en ’n wyfie. Van al die onrein diere hoef jy net een paar elk, ’n mannetjie en ’n wyfie, saam te vat.
3 Van al die voëls wat in die lug rondvlieg, moet jy ook sewe pare saamvat, ’n mannetjie en ’n wyfie. So kan al die voëlsoorte voortbestaan.
4 Binne sewe dae stuur Ek reën. Dit sal 40 dae en 40 nagte aanmekaar reën. So sal Ek alles wat Ek gemaak het, van die aarde af vernietig.”
5 Noag het presies gedoen wat die Here vir hom gesê het.