14 Saam met hulle was daar van elke spesie wilde diere en vee; elke soort dier wat op die aarde rondkruip, elke soort voël, ja, alles wat vlerke het.
15 Een paar van alles wat leef, het saam met Noag in die ark geklim.
16 Dit was die mannetjies en wyfies van alle denkbare soorte diere wat in die ark was, presies net soos die Here vir Noag gesê het.
17 Toe almal binne was, het die Here gekom en self die ark se deur agter hulle toegesluit.
18 Massas water het op die aarde neergestort, 40 dae aanmekaar. Soos die water meer en meer geword het, het dit die ark stadig maar seker begin oplig totdat dit naderhand gedryf het.
19 Die watervlak het elke dag gestyg. Die ark het op die water begin vaar. Naderhand was daar soveel water op die aarde dat die hoogste bergspitse oorstroom was.
20 Die water het meer as sewe meter bokant die hoogste pieke gevloei.