19 Die watervlak het elke dag gestyg. Die ark het op die water begin vaar. Naderhand was daar soveel water op die aarde dat die hoogste bergspitse oorstroom was.
20 Die water het meer as sewe meter bokant die hoogste pieke gevloei.
21 Alles op aarde is uitgewis: voëls, vee en wilde diere, asook alle kruipende diere, ook al die mense.
22 Alles wat op die aarde asemgehaal het, is uitgewis.
23 Alles en almal is deur die water van die aarde af weggevee. Net Noag het oorgebly saam met dié wat by hom in die ark was.
24 Vir 150 dae lank het die watermassa oor die hele aarde gespoel.