3 Van al die voëls wat in die lug rondvlieg, moet jy ook sewe pare saamvat, ’n mannetjie en ’n wyfie. So kan al die voëlsoorte voortbestaan.
4 Binne sewe dae stuur Ek reën. Dit sal 40 dae en 40 nagte aanmekaar reën. So sal Ek alles wat Ek gemaak het, van die aarde af vernietig.”
5 Noag het presies gedoen wat die Here vir hom gesê het.
6 Hy was 600 jaar oud toe die massas water die aarde begin oorstroom het.
7 Toe die water begin opstoot, het Noag saam met sy vrou, sy seuns en hulle vroue in die ark geklim.
8 Die mannetjies en wyfies van alle rein en onrein diere, van elke soort voël en van alle kruipende diere is saam met Noag in die ark in.
9 Hulle het twee-twee die ark ingestap, net soos die Here vir hom gesê het.