5 Noag het presies gedoen wat die Here vir hom gesê het.
6 Hy was 600 jaar oud toe die massas water die aarde begin oorstroom het.
7 Toe die water begin opstoot, het Noag saam met sy vrou, sy seuns en hulle vroue in die ark geklim.
8 Die mannetjies en wyfies van alle rein en onrein diere, van elke soort voël en van alle kruipende diere is saam met Noag in die ark in.
9 Hulle het twee-twee die ark ingestap, net soos die Here vir hom gesê het.
10 Sewe dae later het die water van die vloed oor die aarde gespoel.
11 In Noag se 600ste jaar, in die tweede maand, presies op die sewentiende dag van daardie maand, het alles begin. Al die fonteine onder die aarde het oopgebars, die hemele se sluise het oopgebreek en die watermassas het neergestort.