8 Die mannetjies en wyfies van alle rein en onrein diere, van elke soort voël en van alle kruipende diere is saam met Noag in die ark in.
9 Hulle het twee-twee die ark ingestap, net soos die Here vir hom gesê het.
10 Sewe dae later het die water van die vloed oor die aarde gespoel.
11 In Noag se 600ste jaar, in die tweede maand, presies op die sewentiende dag van daardie maand, het alles begin. Al die fonteine onder die aarde het oopgebars, die hemele se sluise het oopgebreek en die watermassas het neergestort.
12 Dit het 40 dae en nagte so aangehou. Geweldige swaar reën het die aarde dag en nag geteister.
13 Daardie selfde dag het Noag en sy vrou asook hulle seuns, Sem, Gam en Jafet, en hulle vroue in die boot ingegaan.
14 Saam met hulle was daar van elke spesie wilde diere en vee; elke soort dier wat op die aarde rondkruip, elke soort voël, ja, alles wat vlerke het.