32 Op die tweede dag van die stryd het die Here Lakis in Israel se mag oorgegee. Net soos by Libna het hulle ook almal in die stad doodgemaak.
33 Gedurende die geveg het koning Horam van Geser saam met sy troepe vir Lakis te hulp gesnel. Maar Josua se manskappe het hom en al sy soldate tot die laaste man toe doodgemaak.
34 Van hier af het Josua en die volk verder getrek na Eglon toe. Daar aangekom, het hulle dit omsingel en toe aangeval.
35 Hulle het die stad nog dieselfde dag ingeneem en almal daarin doodgemaak. Net soos in Lakis se geval, het hy alles en almal in die stad vernietig.
36 Van hier af het hulle opgetrek na die berggebied van Hebron toe. Hulle het dié stad ook aangeval
37 en dit ingeneem. Hulle het die koning en al sy mense asook die mense van al die omringende dorpe doodgemaak. Josua het die stad, net soos vir Eglon, totaal vernietig. Niks en niemand is gespaar nie.
38 Daarna het hulle teruggedraai na Debir toe en die stad aangeval.