9 Daarom het Moses daardie dag ’n belofte aan my gemaak: ‘Die gebied waardeur jy geloop het, sal vir altyd aan jou en jou nageslag behoort omdat jy die Here jou God met jou hele lewe vertrou het.’
10 Soos jy kan sien, het die Here sy belofte aan my nagekom dat ek lewe en ook in die Beloofde Land sou ingaan. Vyf en veertig jaar gelede het die Here dit vir Moses gesê terwyl ons nog in die woestyn rondgetrek het. Wel, kyk na my, ek is nou ’n man van 85
11 en ek is nog net so sterk soos die eerste dag toe Moses my die land in gestuur het. Ek is nog tot enigiets in staat, selfs om oorlog toe te gaan.
12 My versoek is dat jy nou vir my die berggebied sal gee waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy sal onthou dat die Enakiete in hulle versterkte stede daar bly, maar as die Here by my is, sal ek hulle kan verdryf soos Hy belowe het.”
13 Hierop het Josua vir Kaleb geseën en Hebron aan hom as sy besitting gegee.
14 Hebron behoort steeds aan die nakomelinge van Kaleb die seun van Jefunne, die Kenassiet, omdat hy die Here, die God van Israel, getrou gedien het.
15 Hebron was voorheen bekend as Kirjat-Arba. Dit was vernoem na Arba, een van die beroemde helde van die Enakiete. Nou was daar uiteindelik vrede in die land.