3 Van daar af het dit suid van Skerpioenpas af geloop verby in die rigting van die Sinwoestyn. Dan strek dit suid verby Kades-Barnea, oor Gesron en op in die rigting van Addar. Daar swaai dit dan na Karka toe.
4 Van daar af loop dit oor na Asmon, totdat dit uiteindelik die Egiptespruit bereik en die spruit dan volg tot waar dit teen die Middellandse See doodloop. Dit is hoe Juda se suidelike grens lyk.
5 Die oosgrens van Juda is die Dooie See, noordwaarts tot waar die Jordaan in dié see uitmond. Die noordelike grens begin waar die Jordaan in die Dooie See inloop.
6 Van daar af loop dit op na Bet-Gogla toe, dan noord van Bet-Araba verby en op na die klip van Bohan seun van Ruben toe.
7 Daarvandaan loop dit deur die Akorlaagte op na Debir toe, waar dit noordwaarts swaai na Gilgal toe, wat regoor Adummimspas, suid van die spruit, lê. Dan loop die grens van Juda verder tot by die fonteine van En-Semes en En-Rogel.
8 Van hier af gaan die grens op deur die Ben-Hinnomsvallei na die suidelike hang van die Jebusieteberg, waar die stad Jerusalem geleë is, en dan op na die top van die berg wes van die Hinnomsvallei aan die noordelike punt van die vallei van die Refaïete.
9 Van daar af swaai die grens na die fonteine van Neftoag toe totdat dit uitkom by die dorpe naby die berg Efron. Daarvandaan draai die grens dan na Baäla toe, beter bekend as Kirjat-Jearim.