17 Die vierde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Issaskar.
18 Hulle gebied het bestaan uit Jisreël, Kesulot, Sunem,
19 Gafarajim, Sion, Anagarat,
20 Rabbit, Kisjon, Ebes,
21 Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.
22 Verder gaan hulle grens teen Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en loop uiteindelik dood teen die Jordaan. Daar is altesaam sestien stede met hulle omringende dorpe.
23 Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Issaskar se families as erfdeel gekry het.