20 Rabbit, Kisjon, Ebes,
21 Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.
22 Verder gaan hulle grens teen Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en loop uiteindelik dood teen die Jordaan. Daar is altesaam sestien stede met hulle omringende dorpe.
23 Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Issaskar se families as erfdeel gekry het.
24 Die vyfde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Aser.
25 Hulle gebied het bestaan uit Gelkat, Gali, Beten, Aksaf,
26 Alammelek, Amad en Misal. Aan die westekant gaan die grens teen Karmel en Sigor-Libnat verby.