3 Gasar-Sual, Baäla, Esem,
4 Eltolad, Betul, Gorma,
5 Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim,
6 Bet-Lebaot en Sarugen, dertien stede met hulle omliggende dorpe,
7 verder ook die vier stede Ajin, Rimmon, Eter en Asan, met hulle omliggende dorpe,
8 en ook nog al die kleiner dorpe in die omgewing van dié stede tot by Baälat-Beër en Rama in die suide. Dit was die eiendom van die families in die stam van Simeon.
9 Simeon het ’n deel van Juda se grondgebied gekry omdat die gebied wat aan Juda toegeken was, eintlik te groot was vir die aantal mense in dié stam.