4 Eltolad, Betul, Gorma,
5 Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim,
6 Bet-Lebaot en Sarugen, dertien stede met hulle omliggende dorpe,
7 verder ook die vier stede Ajin, Rimmon, Eter en Asan, met hulle omliggende dorpe,
8 en ook nog al die kleiner dorpe in die omgewing van dié stede tot by Baälat-Beër en Rama in die suide. Dit was die eiendom van die families in die stam van Simeon.
9 Simeon het ’n deel van Juda se grondgebied gekry omdat die gebied wat aan Juda toegeken was, eintlik te groot was vir die aantal mense in dié stam.
10 Die derde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Sebulon. Hulle gebied strek tot by Sarid.