6 So ’n persoon moet in hierdie toevlugstad bly totdat hy in ’n openbare verhoor in die stad onskuldig verklaar is. Die persoon moet daarna in daardie stad bly totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Daarna mag die persoon as vry mens terugkeer huis toe.”
7 Die volgende stede is toe as vrystede aangewys: Kedes in Galilea wat op die berge van Naftali geleë is, Sigem op die berge van Efraim en Kirjat-Arba ook bekend as Hebron, op die berge van Juda.
8 Aan die oostekant van die Jordaan, regoor Jerigo, is die volgende stede aangewys: Beser in die woestyngedeelte van die gebied van Ruben, Ramot in Gilead in die gebied van Gad, en Golan in Basan in die gebied van Manasse.
9 Dit was die toevlugstede wat aangewys is vir die Israeliete, asook enige uitlanders wat saam met hulle in die land gebly het. Enigeen wat iemand per ongeluk doodgemaak het, kon daar gaan skuil vir beskerming teen die familie van die persoon wat doodgemaak is. Hulle kon daar bly terwyl hulle op ’n openbare verhoor gewag het.