11 Kirjat-Arba of Hebron in die berggebiede van Juda met al die weivelde daar rondom. Die dorp is vernoem na Arba, die voorvader van die Enakiete.
12 Wat die lande van die stad en die omringende dorpe betref, was dié reeds aan Kaleb die seun van Jefunne toegeken.
13 Saam met Hebron, een van die toevlugstede, het Aäron se kinders altesaam nege stede met hulle weivelde uit die gebiede van Juda en Simeon gekry: Libna,
14 Jattir, Estemoa,
15 Golon, Debir,
16 Ajin, Jutta en Bet-Semes.
17 Uit die gebied van Benjamin het hulle vier stede met hulle weivelde gekry: Gibeon, Geba,