4 Die eerste familiegroep wat blyplek gekry het, was die afstammelinge van die priester Aäron, wat lede was van die Kehatgroep uit die stam van Levi. Hulle het altesaam dertien stede gekry uit die gebiede van Juda, Simeon en Benjamin.
5 Aan die res van die Kehatgroep is tien stede toegeken uit die gebiede van Efraim, Dan en die halwe Manassestam.
6 Die Gersongroep het dertien stede gekry uit gedeeltes van Issaskar, Naftali en die ander helfte van die Manassestam se grondgebied.
7 Aan die Merarigroep is twaalf stede toegeken uit die gebiede van Ruben, Gad en Sebulon.
8 Die Israeliete het op grond van die Here se opdrag aan Moses hierdie stede met hulle weiding vir die Leviete gegee.
9-10 Die eerste groep Leviete aan wie stede toegeken is, was dié uit die nageslag van Aäron wat tot die Kehatgroep behoort het. Hulle het die volgende stede uit die gebiede van Juda en Simeon gekry:
11 Kirjat-Arba of Hebron in die berggebiede van Juda met al die weivelde daar rondom. Die dorp is vernoem na Arba, die voorvader van die Enakiete.