5 Hierdie land sal aan julle behoort, want die Here julle God sal al die mense wat nou daar bly, voor julle uit laat vlug. Julle sal daar bly, nie hulle nie. Dit is die Here julle God se belofte.
6-7 “Julle moet julle uiterste bes doen om dit wat in die wetboek van Moses geskryf staan, na te kom. Moenie enige deel daarvan verwaarloos nie, want dan kan julle dalk deur die vreemde volke wat tussen julle bly, mislei word om hulle gode te dien. Moet dit nie doen nie. Moenie eers die name van hulle gode noem nie, wat nog te sê ’n eed in hulle naam aflê of hulle dien.
8 Bly altyd getrou aan die Here julle God soos julle tot nou toe was.
9 Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Nie een van hulle was in staat om teen julle weerstand te bied nie.
10 Een van julle sou genoeg wees om ’n oormag aan te durf, nie omdat julle so sterk is nie, maar omdat die Here julle God aan julle kant is, net soos Hy belowe het.
11 “Ter wille van julleself moet julle die Here julle God liefhê.
12 As julle aan Hom ontrou word en by die ander nasies wat nog onder julle woon, gaan bly en hulle gewoontes aanleer en met hulle ondertrou,