3 en vir die mense gesê: “Wanneer julle sien dat die Levitiese priesters die verbondsark van die Here julle God dra, moet julle oppak en hulle volg.
4 Hulle sal vir julle wys waarheen om te gaan omdat julle nog nie voorheen hierlangs getrek het nie. Maar sorg dat daar ’n behoorlike afstand tussen julle en die verbondsark is, ten minste 900 meter.”
5 Toe sê Josua vir die volk: “Bely julle skuld voor die Here en sorg dat julle verhouding met Hom reg is, want môre gaan die Here wonders onder julle doen.”
6 Die volgende môre het Josua die priesters beveel om die verbondsark op te tel en die volk die land in te lei.
7 Toe sê die Here vir Josua: “Wat Ek vandag gaan doen, sal maak dat al die mense na jou sal opsien as ’n groot leier. Hulle sal weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was.
8 Sê vir die priesters wat die verbondsark dra dat hulle by die Jordaan se kant, in die rivier, moet wag as hulle daar aankom.”
9 Josua roep toe die Israeliete nader en sê vir hulle: “Kom hoor ’n bietjie wat die Here julle God vir julle te sê het.