6 Die volgende môre het Josua die priesters beveel om die verbondsark op te tel en die volk die land in te lei.
7 Toe sê die Here vir Josua: “Wat Ek vandag gaan doen, sal maak dat al die mense na jou sal opsien as ’n groot leier. Hulle sal weet dat Ek by jou is soos Ek by Moses was.
8 Sê vir die priesters wat die verbondsark dra dat hulle by die Jordaan se kant, in die rivier, moet wag as hulle daar aankom.”
9 Josua roep toe die Israeliete nader en sê vir hulle: “Kom hoor ’n bietjie wat die Here julle God vir julle te sê het.
10 Soos julle die land intrek, sal Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uitdryf om vir julle plek te maak. Dan sal julle weet dat die lewende God saam met julle is.
11 Die verbondsark van die Here wat oor die hele aarde heers, wat voor julle uit deur die Jordaanrivier gaan, bewys dit.
12 Intussen moet julle solank vir julle twaalf mense as julle verteenwoordigers kies, een uit elke stam.