16 “Laat die priesters wat die ark met die getuienis dra nou uit die Jordaan uitkom.”
17 Josua het dit toe gedoen.
18 Toe die priesters wat die verbondsark gedra het, aan die ander kant van die rivier uitklim, het dit weer soos voorheen begin vloei en sy walle oorstroom.
19 Dit het alles gebeur op die tiende dag van die eerste maand. Die volk het kamp opgeslaan by Gilgal, oos van Jerigo.
20 Josua het die twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan gebring het by Gilgal op mekaar gepak
21 en vir die Israeliete gesê: “As julle kinders eendag vir julle vra: ‘Wat beteken hierdie klippe?’
22 kan julle vir hulle sê: ‘Hier is Israel droogvoets deur die Jordaan.’