9 Toe sê die Here vir Josua: “Vandag bevry Ek julle van die vernedering wat julle beleef het as slawe in Egipte.”Daarom is die plek Gilgal genoem, die naam wat dit nog steeds het.
10 Terwyl die Israeliete nog by Gilgal op die vlakte naby Jerigo gekamp het, het hulle die paasfees op die aand van die veertiende dag van die maand gevier.
11 Die dag na die paasfees het hulle vir die eerste keer kos van die Beloofde Land geëet: ongesuurde brood en gebraaide koring.
12 Daardie oggend toe hulle van die kos van die land geëet het, het die manna vir altyd weggebly. Hulle het van toe af van hulle eie oeste in die land Kanaän geleef. Daar was nie weer manna nie.
13 Op pad Jerigo toe het Josua skielik ’n man voor hom sien staan met sy swaard in sy hand. Josua stap toe na hom toe en vra: “Is jy ’n vriend of ’n vyand?”
14 “Nie een van die twee nie,” antwoord hy. “Ek is die bevelvoerder van die Here se leër.”Josua het uit eerbied diep voor die man gebuig en gesê: “Ek is tot u diens. Wat wil u vir my sê?”
15 Die bevelvoerder van die Here se leër sê toe vir Josua: “Trek uit jou skoene, want jy staan op ’n plek wat aan die Here toegewy is.”En Josua het dit gedoen.