12 Daardie nag het hy omtrent 5 000 soldate gevat en hulle aan die westekant van die stad tussen Ai en Bet-El laat wegkruip.
13 So is die hoofkamp noord van die stad opgeslaan met die soldate wat die hinderlaag sou lê aan die westekant. Josua het die nag in die laagte deurgebring.
14 Toe die koning van Ai Josua se troepe sien, het hy vinnig opgetree. Hy en sy soldate het opgeruk na ’n gebied regoor die Jordaanvallei om Israel daar aan te pak. Hy het egter nie geweet van die versteekte troepe agter die stad nie.
15 Josua en die soldate by hom het gemaak asof hulle teruggedryf word. Hulle het in die rigting van die woestyn gevlug.
16 Al die manskappe in Ai en Bet-El moes kom help met die agtervolging.
17 Hulle en die soldate van Bet-El is toe agter die Israeliete aan. Die stad het wawyd oopgestaan sonder iemand om dit te verdedig.
18 Toe sê die Here vir Josua: “Steek jou swaard na Ai toe uit, want Ek gee die stad in jou mag oor.” Josua het die swaard wat hy in sy hand gehad het, in die rigting van die stad uitgesteek.