1 Toe het die man my buitetoe gebring. Ek het buitekant die huis van die Here gaan staan, aan die noordekant. Die man wys my toe ’n kamer wat teenoor die huis van die Here gebou is, noord van die gebou.
2 Die lengte van hierdie gebou was 50 meter en die breedte 25 meter.
3 Die gebou se grens was teenaan die binneste ingangsportaal van die huis van die Here aan die een kant en die buitenste ingangsportaal aan die ander kant. Die gebou het drie terrasse, en elkeen is hoër as die vorige een.
4 Voor elke ry kamers was daar ’n gang wat vyf meter breed en 50 meter lank was. Die ingange van die gange was aan die noordekant.