1 Ragel het begin besef dat sy nie vir Jakob kinders kan gee nie. Sy het toe baie jaloers op haar suster geword. Woedend het sy vir Jakob gesê: “Gee my ’n kind of ek gaan dood.”
2 Jakob het hom vererg en skerp gereageer: “Dink jy ek is God? Dink jy ek kan jou vrugbaar maak? Dit is God wat jou kinderloos gemaak het, nie ek nie.”
3 Radeloos het Ragel vir Jakob gesê: “Hier is Bilha, my slavin. Vat haar. Slaap by haar. Laat sy namens my ’n kind in die lewe bring. Deur haar moet my nageslag gebou word.”
4 Ragel het Bilha na Jakob toe geneem. Bilha was vir hom soos ’n vrou en hy het by haar geslaap.
5 Bilha het verwag en vir Jakob ’n kind in die wêreld gebring.