2 Jakob het hom vererg en skerp gereageer: “Dink jy ek is God? Dink jy ek kan jou vrugbaar maak? Dit is God wat jou kinderloos gemaak het, nie ek nie.”
3 Radeloos het Ragel vir Jakob gesê: “Hier is Bilha, my slavin. Vat haar. Slaap by haar. Laat sy namens my ’n kind in die lewe bring. Deur haar moet my nageslag gebou word.”
4 Ragel het Bilha na Jakob toe geneem. Bilha was vir hom soos ’n vrou en hy het by haar geslaap.
5 Bilha het verwag en vir Jakob ’n kind in die wêreld gebring.
6 Ragel was baie bly en het gesê: “God het reg aan my gedoen. Hy het my gebede gehoor en my hierdie seun gegee.” Sy het hom Dan genoem.
7 Bilha, Ragel se slavin, het nog ’n seun vir Jakob gebaar.
8 Ragel het toe gesê: “Ek en my suster is in ’n groot stryd met mekaar gewikkel, maar gelukkig het ek gewen.” Sy het Bilha se kind toe Naftali genoem.