7 Daarna het Lea en haar kinders vorentoe gestap en gebuig.
8 Die laaste twee was Josef en Ragel. Hulle het ook voor Esau gebuig.
9 Esau het weer gepraat: “Jakob, wat is jou bedoeling met al die troppe vee wat vroeër hier verbygekom het?”“Dit is u s’n, Meneer. Alles is u s’n. Ek het gehoop dit sal u sag maak,” het Jakob gesê. Esau het geantwoord: “Dankie, my broer, maar ek het werklik genoeg diere van my eie. Hou dit liewer vir jouself.”
10 Jakob het vinnig teruggeantwoord: “Nee, asseblief, neem dit. Dit is my geskenk aan jou. As jy dit vat, sal jy my baie gelukkig maak.” En toe voeg hy by: “Ai, Esau, om jou gesig weer te sien is soos om God se gesig te sien. Jy was so goed vir my.
11 Neem dan nou my geskenk. God was goed vir my en ek het meer as genoeg. So, neem dit, asseblief.” Esau het die geskenk toe aanvaar.
12 Esau het gesê: “Ek gaan saam met julle. So, kom ons ry.”
13 Jakob het geantwoord: “Soos jy kan sien, is die kinders klein en swak. En die veetroppe met kalwers en lammers beweeg stadig, want hulle is swak. As ons hulle nou gaan dryf, selfs net vir ’n dag lank, gaan hulle vrek.”