43 Toe het hy Josef in die wa van die onderkoning laat klim en hom deur die strate gelei terwyl almal skreeu: “Gee pad voor!” So is Josef, die seun van Jakob, dan oor die hele land aangestel.
44 Die farao het verder vir Josef gesê: “Alhoewel ek die farao is, sal niemand in hierdie land ’n vinger verroer of ’n voet versit sonder jou toestemming nie.”
45 Die farao het vir Josef ’n ander naam gegee en hom Safenat-Paneag begin noem. Hy het hom ook ’n vrou gegee en haar naam was Asenat. Sy was die dogter van Potifera, die priester van On. Josef het deur die hele Egipte gereis.
46 Hy was 30 jaar oud toe die farao van Egipte hom oor die land aangestel het. Hy het die farao gegroet en met ’n lang reis deur die hele Egipte begin.
47 Gedurende die eerste sewe goeie jare was daar ’n enorme oorvloed kos in die land.
48 Josef het egter presies geweet wat om met die ryk oeste te doen. Met groot kundigheid het hy die kos in stede gestoor. In elke stad is die oeste van die omgewing opgeberg.
49 Josef het massas koring opgegaar. Dit was naderhand so ontelbaar soos die sand van die see. Josef het later opgehou om van alles boek te hou, want dit was onmoontlik.