47 Gedurende die eerste sewe goeie jare was daar ’n enorme oorvloed kos in die land.
48 Josef het egter presies geweet wat om met die ryk oeste te doen. Met groot kundigheid het hy die kos in stede gestoor. In elke stad is die oeste van die omgewing opgeberg.
49 Josef het massas koring opgegaar. Dit was naderhand so ontelbaar soos die sand van die see. Josef het later opgehou om van alles boek te hou, want dit was onmoontlik.
50 Voor die swaar jare gekom het, het Josef twee seuns gekry. Dit was die seuns wat Asenat, die dogter van Potifera, die priester van On, vir hom in die wêreld gebring het.
51 Josef het die oudste Manasse genoem, want, het hy gesê, “God het my al die swaarkry in Egipte asook my ouerhuis laat vergeet”.
52 Die tweede seun het hy Efraim genoem, want, het hy gesê, “God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende”.
53 Egipte se sewe goeie jare het verbygegaan.