18 Hierdie derde boodskapper was nog besig om te praat toe nog een met nuus daar aankom. Hy het gesê: “U kinders was besig om saam te eet en te kuier in u oudste seun se huis toe ’n ramp hulle tref.
19 ’n Baie sterk wind het van die woestyn af gewaai. Dit het die huis met mening van alle kante af getref. Die wind het die huis omgewaai en dit het bo-op u kinders geval. Hulle is almal dood. Ek is die enigste een wat oor is om vir u te kom vertel wat daar gebeur het.”
20 Toe Job die slegte nuus hoor, het hy begin rou. Hy het opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook al sy hare afgesny. Toe het hy neergeval en met sy gesig teen die grond gaan lê.
21 Hy het gesê: “Toe ek gebore is, het ek met niks in hierdie wêreld ingekom nie. As ek uit hierdie wêreld uitgaan, sal ek weer sonder enigiets weggaan. Wat ek het, het die Here vir my gegee. Die Here het dit ook weer weggevat. Die Here moet geprys word!”
22 Ten spyte van alles wat gebeur het, het Job nie verkeerd gedoen nie. Hy het God ook nie blameer vir wat gebeur het nie.