1 Bildad het Job geantwoord en gesê:
2 “God is in beheer. Mense behoort Hom te vrees. Hy sorg dat daar vrede in die hemel is.
3 Wie kan sy leërmag tel? Is daar iemand oor wie sy lig nie skyn nie?
4 Hoe kan ’n doodgewone mens voor God staan en sê dat hy altyd reg doen en sonder skuld is?
5 Die maan is nie helder genoeg en die sterre nie blink genoeg as jy dit met God vergelyk nie.
6 As dit so is, is mense nog baie minder werd vir die Here. Die mens is eintlik maar net ’n wurm in sy oë!”