17 Dit sal met jou goed gaan. Jou lewe sal meer lig hê as die son wat in die middag skyn. As daar donker tye in jou lewe kom, sal dit soos lig wees.
18 Omdat jy weet daar is hoop vir jou, sal jy moed hê vir die toekoms. As jy klaar na alles om jou gekyk het, sal jy veilig kan slaap.
19 Jy sal vir niks meer bang wees terwyl jy so lê en slaap nie. Baie mense sal in jou goeie boekies probeer wees.
20 Die mense wat hulle nie aan die Here steur nie, sal alle hoop verloor. Hulle kan nêrens heen vlug nie. Hulle enigste hoop is om dood te gaan.”