1 Job het gesê: “Alles wat julle beskryf het, het ek voorheen gesien en gehoor. Ek verstaan goed wat julle sê.
2 Ek weet net soveel as wat julle weet. Julle moenie dink julle is beter as ek nie.
3 Ek wens darem dat ek self met God kan praat, al is Hy so vreeslik magtig. Ek sal bitter graag vir Hom wil sê hoe ek oor dinge voel.
4 Julle weet nie veel nie en smeer dit met ’n spul leuens toe. Julle is ’n spul nikswerd dokters wat ’n mens nie regtig kan help nie.